Free Web space and hosting from jislaaik.com
Search the Web


Meer van my, die familie en die webblad
Voorblad

Waaroor gaan dit

Foto's van ons

Nuut op die blad

Besoekers Boek


Wie is Ons?

Ons het in 1999 hier aangekom en geniet dit baie.

Skoonpa en -ma het al twee keer kom kuier en is al weer in Januarie 2005 op pad.

My ma was die eerste een om te kom oë wys in Dubai en sy kom weer in Februarie 2005.

Broer Anton en skoonsus Rene was ook al hier en skoonsus Alta en swaer Chris van Richards Baai.

Vriende Johann en Sandra en ook Hannes was al hier en dan was daar nog die School Boys.

2000 was dit Pretoria Boys High, 2001 Boland Landbou, toe Durbanville in 2002. Ongelukkig was daar nie 'n toer in 2003 nie maar gelukkig het dinge weer begin rol in 2004 met die toer van Trinity House School in April.

Geskiedenis en die storie agter die storie
So ek sit eendag daar en ek dink by myself "self", vertel ek vir myself, telefoon kostes Suid Afrika is maar duur en van daar af hienatoe is nog erger. "Hoe kan ek dan vir die mense vertel wat ons aanvang en hoe WARM ons kry as ek nie gereeld kan bel nie", vra ek toe myself. En PING!!!! gaan die liggie aan en ek dink aan 'n webblad en ek surf die Internet en kom af op Jislaaik en tjoef tjaf verskyn die webblad soo die Genie van Aladdin.

Die res van die "Gang"
Die res van die familie in volgorde van ouderdom in mens jare is:
Ina
Henri Jan
Simone
Socrates
Sir Little John of Loxley
Othello.
Eintlik was Socrates voor Henri Jan, maar omdat hy buite egtelik was tot ons getroud is (Ek en Ina) word hy afgeskuif na die derde plek toe.

Stuur 'n epos na sheikhenri@jislaaik.com